Titanic-oorlewende se as by hawe gestrooi
2009-10-24 19:30
Londen - Die as van Millvina Dean, die laaste oorlewende van die Titanic, is by die hawe waar dié skip sy eerste vaart in 1912 onderneem het, gestrooi.
Dean was nege weke oud toe haar ouers haar op aan boord dié skip geneem het. Haar pa het seker gemaak sy, haar ma en broer word gered, maar hy het agtergebly en was een van die 1 517 mense wat gesterf het.
Sy is op 31 Mei in die ouderdom van 97 dood.
Haar as is Saterdag deur haar lewensmaat, Bruno Nordmanis, op die water by die hawe in Southampton in die suide van Engeland gestrooi.
– Sapa-AP