Tifoon verwoes Filippyne
2010-07-14 09:52
Manila – Minstens tien mense is dood en 22 word vermis nadat ‘n kragtige tifoon die noordelike en oostelike Filippyne verwoes het, het beamptes Woensdag gesê.
Tifoon Conson het die noord-oostelike Quezon-provinsie laat Dinsdag getref wat swaar reën en sterk winde na Manila en talle provinsies in die noordelike eiland van Luzon gestuur het.
Vier mense is dood nadat hulle deur vallende bome in die provinsie van Cavite getref is.
Volgens die polisie is twee van die slagoffers ‘n 35-jarige ma en haar tweejarige dogter.
Ses mense het verdrink toe hul huise deur vloede weggespoel is.
‘n Totaal van 22 mense is as vermis aangemeld, insluitende 19 vissermanne.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA