Tifoon eis minstens 500
2009-08-14 09:14
Taipei - Ma Ying-jeou, die president van Taiwan, het Vrydag gesê die tifoon Marakot kon al minstens 500 mense se lewens geëis het.
Dit kom ná meer as 300 mense wat steeds in ‘n dorpie in die suide van die eiland vermis is, vermoedelik dood is.
"Daar is reeds 117 mense dood en nog 380 wat vermoedelik in die dorpie van Hsaiolin in modderstorings begrawe is. Die sterftesyfer kan tot 500 mense styg”, het Ying-jeou gesê.
- AFP