Tifoon Melor bekruip Japan
2009-10-06 08:59
Tokyo - 'n Magtige tifoon beweeg in die rigting van Japan wat rooi ligte van sterk winde en deinings van 9m hoog laat flikker.
Dít kom etlike dae nadat storms verwoesting in Suidoos-Asië gesaai het.
Tifoon Melor, wat winde van 252km/h veroorsaak, sal volgens die weerdiens Donderdag op die Minami Daito-eiland in die suide van Japan toesak.
" Minami Daito vanaf laat Dinsdagmiddag tot Woensdagmiddag deur sterk winder en rowwe seetoestande geruk word met deinings van sowat 9m hoog," het 'n beampte van die weerkantoor gesê.
"Inwoners moet hulle ook gereed maak vir swaarreën," het hy gesê.
Melor, wat jasmyn in Maleis beteken, kan dalk soortgelyke gevolge het as dié van 'n dodelike tifoon wat in 1959 die lewens van duisende mense geëis het.
– Sapa-AFP