Tier geskiet ná dit uit dieretuin ontsnap
2011-12-13 16:54
Boekarest – 'n Vlugtende tier is Dinsdag in sentraal-Roemenië doodgeskiet nadat sy uit haar hok ontsnap en oor 'n 1,8 meter hoë omheining gespring het, het plaaslike beamptes gesê.
Die tier is geskiet toe dit wildjagters, wat probeer het om die dier te verdoof, wou aanval, het 'n woordvoerder vir die Sibiu-munisipaliteit, Mirela Gligore, gesê.
Die tierwyfie het Dinsdagoggend ontsnap toe haar bewaarder na bewering die deur van haar kamp oopgelos het en sy oor die wildtuin se omheining gespring het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP