Tienjarige skenk geboorte in Spanje
2010-11-03 04:40
Madrid – ‘n Tienjarige meisie het in die suide van Spanje geboorte geskenk aan ‘n baba, het owerhede Dinsdag bekend gemaak.
Die baba is glo verlede week in Jerez de la Frontera gebore. Owerhede moet nou besluit of die jong meisie die baba mag hou, siende dat sy minderjarig is.
Die vader van die kind is ook ‘n minderjarige. Geen verdere inligting, soos die geslag van die baba, is bekend nie.
Beide ma en kind sterk goed aan.
Kundiges het gewaarsku dat meisies op so ‘n jong ouderdom steeds groei en ontwikkel en dat dit uiters gevaarlik vir hulle is om geboorte te skenk.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP