Tienerseun dood ná ski-ongeluk
2011-05-19 23:06
Grenoble – ‘n Maatskappy wat ski-kabelkarretjies in die
Franse Alpe bestuur, word van manslag aangekla ná die dood van ‘n Britse seun.
Die Mechanical Lifts Company in Chatel word
daarvan beskuldig dat hulle die tienerseun toegelaat het om met ‘n rugsak op
die kabelkar te klim.
Dit is teen die reëls vir enigiemand met 'n rugsak om die kabelkarretjie te gebruik.
Hy was in Februarie op ‘n skooluitstappie in die Alpe toe
die ongeluk plaasgevind het.
Sy rugsak het vasgehaak toe hy by die bopunt
van sy stoel probeer afklim het.
Hy het in sy klere verstrengel geraak, kon nie
asem kry nie en is na onder gesleep.
Die seun het in ‘n koma verval en is terug
Engeland toe gevlieg, waar hy later in die hospitaal oorlede is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP