Tieners slaan man dood
2010-07-14 02:25
München – Die verhoor van twee Duitse tieners wat glo ‘n 50-jarige man doodgeslaan het omdat hy probeer het om ‘n groep seuns van hulle te beskerm, het Dinsdag begin.
Dié moord het skokgolwe deur die land gestuur.
Sebastian Leibinger (18) en Markus Schiller (19) het in September verlede jaar na bewering vir Dominik Brunner vermoor ná ‘n konfrontasie op ‘n trein in die suide van München.
Volgens staatsaanklaers het die twee tieners, wat ten tyde van die voorval 17 en 18 was, vier seuns geboelie om aan hulle sowat R143 te oorhandig.
Toe Brunner sien wat gebeur het hy die seuns gekonfronteer, en aangebied om saam met die jonger seuns die trein by die volgende stasie te verlaat. Hy het ook die polisie vanaf sy selfoon gekontak.
Volgens owerhede het Leibinger en Schiller die groep seuns gevolg en Brunner begin skop en slaan. Hulle hom glo meer as 40 keer raakgeslaan en Brunner het op die stasie doodgebloei.
Tydens die verhoor het Schiller erken dat hy Brunner aangeval het, maar voer aan die 50-jarige het die bakleiery begin.
Die verdediging het aangevoer Brunner het eerste geslaan het. Dit beteken die twee verdagtes sal skuldig wees van strafbare manslag maar nie van moord nie.
Indien Schiller skuldig bevind word kan hy lewenslange tronkstraf opgelê word, maar omdat Leinbinger ten tyde van die voorval minderjarig was, staar hy 'n maksimum vonnis van tien jaar in die gesig.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP