Tienermeisies beroof bank
2010-01-08 00:36
Washington - Die polisie in Ohio het Donderdag 'n soektog van stapel gestuur nadat twee tienermeisies vermoedelik ’n bank beroof het.
Die meisies, een glo tussen die ouderdom van 14 en 16 en die ander een jonger, het Dinsdag ’n bank in Cincinnati sonder enige wapens beroof.
Volgens polisie het die jeugdige verdagtes ’n nota aan die kassier gegee waarop hulle aangedring het dat sy vir hulle geld gee. Hulle is daar weg met ’n onbekende bedrag geld.
Die roof is op die bank se sekuriteitskamera vasgevang.
“Ons het nog nooit tieners gehad in dié area wat ’n bank roof nie. Dit is baie ongewoon,” het Steve Barnett, polisiewoordvoerder, gesê.
Terwyl bankrooftogte deur tieners ongewoon is, is rooftogte deur vroue nog meer ongewoon, het ’n amptenaar gesê.
Volgens statistiek word meer jong mans as meisies vir rooftogte, diefstal en inbrake gearresteer.
-Sapa