Tiener wat meisie skiet 'het geweer skoongemaak'
2011-04-14 23:00
Londen - ‘n Tiener wat sy meisie in Skotland in ‘n hut doodgeskiet het, was bloot besig om sy geweer skoon te maak, berig Sky News.
Kort voor die skietery was Calum Murray en die 16-jarige Sophie Taylor besig met kleiduifskiet, saam met ‘n ander jong paartjie.
Al vier van hulle het na ‘n hut op die Glenavon-landgoed in Moray teruggekeer, waar Calum, ‘n 18-jarige leerling-wildbewaarder, gebly het terwyl hy werksondervinding opgebou het.
Binne die kothuis het Calum sy haelgeweer, wat steeds gelaai was, begin skoonmaak. ‘n Skoot is afgevuur en Sophie is in die bors getref.
Calum het toe na buite gestap en die geweer op homself gedraai.
Lees meer by Sky News