Tiener vermoor dokter ná broer in hospitaal sterf

2011-08-17 15:22
Tweets Share Share line Print

Hanoi – ‘n Tienerseun het ‘n dokter doodgesteek nadat sy ouer broer in ‘n hospitaal in Viëtnam oorlede is toe hy longontsteking opgedoen het, het owerhede Woensdag gesê.

Volgens die Viëtnamese polisie het die tiener ook ‘n ander dokter aangeval. Hy is ernstig gewond.

Nguyen Van Dung (18) is Dinsdag in die provinsie Thai Binh in hegtenis geneem vir die moord op Pham Duc Giau (60). Ngo Duy Hoan (30) is ernstig beseer in die voorval.

“Hy was gefrustreerd nadat sy broer oorlede is,” het Nguyen Van Hung, hoof van die polisiedepartement in die Vu Thu-distrik, gesê.

Hung sê hy was nie by die hospitaal toe die tiener se broer by die hospitaal weens longontsteking opgeneem is nie.

“Ek weet nie hoe goed die dokters hom behandel het nie,” het hy vertel.

Volgens Hung het die tiener voorheen geen misdade gepleeg nie.

Dung se 20-jarige broer is Dinsdag in ‘n kritieke toestand na die distrikshospitaal geneem.

Die tiener het glo gedreig om die mediese personeellede dood te maak indien hulle daarin sou misluk om sy broer te red.

Dung het Giau in sy bors en Hoan in sy maag gesteek toe die dokters hom en sy familie gevra het om na hul kantoor te gaan om die doodsertifikaat te teken, het owerhede gesê.

Die tiener het ná die aanval gevlug en is later in ‘n hotel in hegtenis geneem.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa-DPA

Lees meer oor: moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.