Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Tiener oorleef nege weke in die wildernis

2013-01-28 10:19
Tweets Share Share line Print

Sydney – ‘n Australiese tiener wat meer as twee maande gelede van sy huis in Sydney verdwyn het, is uitgeteer, uitgeput en vol bloedsuiers in ‘n bos noord van die stad gevind, het die polisie Maandag gesê.

Matthew Allen se familie het die ergste gevrees nadat die 18-jarige laat in November uit Westleigh, naby Cherrybrook in die noordooste van Sydney, verdwyn het. Sy selfoon en bankrekeninge is onaangeraak gelaat.

Uitgebreide soektogte deur die polisie in die gebied het niks bereik nie. Allen ly aan ‘n onbekende mediese toestand.

Twee stappers het die tiener Saterdag gesien waar hy in bosse, minder as twee kilometer van sy huis, gelê het. Hy was met bloedsuiers bedek en het byna die helfte van sy liggaamsgewig verloor. Hy het oral op sy lyf insekbyte gehad.

Allen was gedeeltelik blind, en het gangreen aan sy onderbene en voete gehad. Die polisie sê hulle kan nie glo hy het oorleef nie.

“Hy was geheel en al uitgeput, ontwater en het baie gewig, tot 50%, verloor. Hy was gedeeltelik blind en hy het bloedsuiers oral oor sy lyf gehad,” het Glyn Baker, waarnemende polisie-inspekteur, gesê.

“Hy het geen skuilplek gehad om in te bly nie en was blootgestel aan die weer sedert hy vermis geraak het,” het hy bygevoeg.

Allen het glo met opset weggekruip in die gebied, wat gereeld deur stappers besoek word.

Hy het aan reddingswerkers gesê hy het oorleef deur water te drink uit ‘n plaaslike stroompie, wat amper droog was toe hy gevind is. Hy het in onlangse weke baie hoë temperature, insluitend ‘n rekord van 46 grade Celsius in Sydney, oorleef.

Hy is per helikopter na ‘n hospitaal geneem om behandeling te ontvang.

“Sy familie is baie bly dat hy veilig en gesond is,” het Baker gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: australië  |  kan jy glo?
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jannie Kotze sê... hier in SA is nog baie, hoeveel wil julle he, belowe die useless net huise en julle het miljoene Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.