Tiener na 15 dae uit puin gered
2010-01-28 05:42
Port-au-Prince – Franse reddingswerkers het 15 dae nadat ‘n aardbewing die hoofstad van Haïti getref het ‘n tienermeisie onder die puin van die College St. Gerard uitgehaal.
Volgens ‘n familielid het die 17-jarige Darlene Etienne onlangs by die College begin studeer.
“Ons het gedink sy is dood,” het die familielid gesê.
Etienne is met ‘n kombers bedek en ‘n suurstofmasker is oor haar gesig geplaas voordat sy na ‘n hospitaal gehaas is.
Volgens nooddienswerkers op die toneel was sy gelukkig, geskok en het sy gehuil.
Sy was ongelooflik gedehidreer en het ‘n beenbesering opgedoen.
Vir meer nuus en beeldmateriaal, kliek hier
Sapa-AP – Sky News Online