Tiener kry lewenslank vir moord op negejarige
2012-02-08 22:57
Missouri – 'n Amerikaanse tiener wat erken het dat sy 'n negejarige meisie verwurg, gesny en gesteek het omdat sy wou uitvind hoe dit voel om iemand te vermoor is Woensdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis met die moontlikheid om op parool vrygelaat te word.
Alyssa Bustamante (18) het skuldig gepleit op aanklagte van eerstegraadse moord en gewapende kriminele optrede vir die moord op Elizabeth Olten in Oktober 2009 in Missouri.
Bustamante het agterna in haar dagboek geskryf dat sy die ervaring geniet het.
Sy was 15 jaar oud toe sy erken het dat sy Olton verwurg, herhaaldelik in haar bors gesteek en haar keel afgesny het.
Sy het die polisie na die vlak graf geneem waar sy Olton se lyk onder 'n kombers van blare in die woud versteek het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP