Tiener-inbreker noem sy slagoffer 'dig'
2011-11-24 20:36
Londen – ‘n Tiener het ‘n brief aan die eienaars van
die huis wat hy beroof het gerig en dit duidelik gemaak dat hy glad nie jammer
is oor die misdaad nie.
Hy het ook gesê dat dit die eienaars se skuld
was aangesien hulle een van hul vensters nie gesluit het nie en die gordyn
oopgelos het.
“Om die eerlike waarheid te sê, is ek glad nie
gepla oor die feit dat ek by julle ingebreek het nie,” het die 16-jargie is die
brief geskryf.
Hy het daarna aangebied om ‘n lys te maak van al
die “dom foute” wat die slagoffers gemaak het.
Die tiener is tot 12-maande se toesig gevonnis
en die brief was deel van die program wat die tiener moet volg.
In die brief, wat deurspek is van spel- en
taalfoute, skryf hy: “Julle is dig genoeg om die kombuisvenster oop te
los. Ek sal dit nooit doen nie.
“Ek voel glad nie jammer nie en weier om
verskoning te vra.
Die polisie het nie die brief na die
slagoffers gestuur nie maar wel in die plaaslike koerant gepubliseer om mense
te waarsku dat hulle hul huise moet beveilig teen moontlike inbrekers.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP