Tien sterf tydens opstande in Irak
2011-02-26 23:16
Johannesburg - In Irak is 10 mense Saterdag in skermutselings met veiligheidsmagte dood tydens opstande wat deur die wydverspreide oproer in die Midde-Ooste en Noord-Afrika geinspireer is.
Duisende mense het landwyd betoog teen korrupsie en swak basiese dienste.
Die eerste minister, Nuri al-Maliki het vroeër gewaarsku dat Al-Kaïda vegters en ander die betogings kan kaap.
Maliki het onderneem om nie die betogers se griewe te ignoreer nie.
Die wydverspreide opstande in die Arabiese wêreld is grootliks daarop gemik om leiers te ontset wat dekades lank die posisies beklee en om onafhanklike verkiesings te hou.
In Irak lyk dit asof betogings op griewe oor basies behoeftes fokus.
Intussen het Irak se grootste olieraffinadery produksie gestaak, ná 'n bomaanval deur rebelle en dit aan die brand gesteek is.
Die raffinadery is in die dorp, Baiji, sowat 180 kilometer noord van Bagdad. Sowat 200 mense is Vrydag in Karbala, suid van Bagdad, tydens betogings in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA