Tien sterf in China-busongeluk
2011-10-16 21:05
Beijing – ‘n Volgepakte toeristebus het omgeslaan in ‘n landelike gebied in suid-sentraal-China, waarna 10 mense dood en 33 beseer gelaat is, het die staat se media Maandag berig.
Die ongeluk het Sondagmiddag naby ‘n dorpie in die Yongshun-gebied in die Hunan-provinsie gebeur. Meer as 50 passasiers was in die bus toe dit omgeslaan het, het die Xinhau-berig gelui.
Drie-en-dertig passasiers is beseer en na hospitale geneem. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Geen besonderhede is oor die nasionaliteite van die passasiers verskaf nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP