Sewe dood toe brand op oornagtrein uitbreek
2011-11-22 17:47
Patna – Sewe mense, insluitend ‘n
Australiese navorser, is dood toe 'n brand op ‘n oornagtrein in die ooste van Indië
uitgebreek het.
Vier vroulike navorsers van Australië was op
die trein waar die brand uitgebreek het.
Hulle was op pad na die heilige stad Bodh Gaya.
Een van die vroue het doodgebrand en die drie
ander is in die hospitaal opgeneem waar hulle behandeling vir hul brandwonde
ontvang, het ‘n beampte van die spoorweë, Sudhir Kumar, gesê.
Volgens Kumar is een van dié vroue in ‘n
kritieke toestand.
“Sewe mense het doodgebrand en meer as 12 is
beseer nadat ‘n brand in een van die passasierswaens uitgebreek het” het Kumar
gesê.
Die passasierswa waar die brand uitgebreek het
was met lugverkoeling toegerus. Die
brand het van daar af na ‘n tweede passasierswa versprei.
Die trein was onderweg na Dehradun in die
noorde van Indië toe dit in die staat van Jharkhand begin brand.
‘n Vierjarige meisie is ook in die brand dood,
het die polisie gesê.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA