Tibettaanse monnik dood ná marteling
2011-04-05 09:34
Beijing – ‘n Tibettaanse Boeddhistiese monnik wat ná ‘n 2008-betoging in China gemartel is, het weens komplikasies gesterf, het ‘n regtegroep gesê.
International Campaign for Tibet sê Jamyang Jinpa (37) is Sondag oorlede.
Die groep het Maandagaand in ‘n verklaring gesê dat Jinpa die afgelope drie jaar by sy huis herstel het.
Volgens die groep is hy weens interne beserings wat hy tydens sy marteling opgedoen het, dood.
Jinpa is op 9 April 2008 by sy klooster in die Gansu-provinsie in hegtenis geneem. Dis egter onduidelik wie in beheer was van sy aanhouding.
Die destydse betoging in China was deel van anti-regering-protesoptredes.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP