Terroris glo op vliegtuig gevang
2010-01-30 05:51
New York – ‘n Amerikaanse vlug wat na Colombia onderweg was moes koers verander na Jacksonville, Florida omdat een van die passasiers aanboord glo op ‘n lys van moontlike terroriste is.
Amptenare ondersoek of die passasier wel ‘n vermeende terroris is wat op die regering se lys van verdagtes wat van vlugte verban is, geplaas is. Lugrederye is nie veronderstel om verdagtes wat op hierdie lys verskyn op vlugte toe te laat nie.
Volgens berigte was die vlug van Newark in New Jersey na Bogotá in Colombia onderweg.
- Sapa