Terreuraanvalle op Europa ontwrig
2010-09-29 01:00
Londen - Intelligensiebeamptes het 'n Pakistan-gebaseerde sameswering om "Moembai-styl" terreuraanvalle op Brittanje, Frankryk en Duitsland uit te voer, ontwrig, het SkyNews Dinsdag berig.
Gelyktydige aanvalle is op Londen en ander groot stede in Frankryk en Duitsland beplan en die plan was in 'n gevorderde stadium, maar nog nie uitgevoer nie, het intelligensiebronne aan die uitsaaier gesê.
Militante wat in Pakistan gebaseer was, het die aanvalle beplan en word al vir 'n geruime tyd deur spioenagentskappe dopgehou.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP