Terreur-verdagtes soek in Indië
2010-12-24 22:20
Moembaai, Indië – Die polisie het 'n grootskaalse soektog van stapel gestuur na vier mans wat glo 'n terroriste-aanval in Moembaai beplan het.
Himanshu Roy, 'n polisiebeampte, het gesê die polisie het geloofwaardige inligting ontvang dat vier mans wat aan 'n Pakistanse militantegroep behoort in die stad is.
Dié groep word ook blameer vir die 2008-aanvalle in Moembaai.
Volgens die beampte beplan hulle 'n aanval tydens die vakansietydperk.
Roy het gesê die mans beplan "gewelddadige aanvalle wat verwoesting gaan veroorsaak".
Volg Nuus24 op Twitter
- AP