Terreur-bende in die tronk
2010-02-16 01:30
Kaapstad – Vyf Australiese Moslem-mans is tot 28 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle saamgesweer het om ‘n geweldadige 'heilige oorlog' te voer.
Die mans het die terreuraanvalle beplan om te protester teen dié land se betrokkenheid by die oorloë in Afganistan en Irak. Hulle het chemikalieë gehad om bomme van te maak, sowel as wapens en ammunisie.
‘n Hof in Sydney het die mans van sameswering om ‘n heilige oorlog in Oktober 2009 te begin, skuldig bevind. Dit kom ná ‘n verhoor van tien maande, die langste nog in Australië se regsgeskiedenis.
Die jurie het vier weke geneem om hul uitspraak te oorweeg.
Vir die volledige storie, besoek Sky.com