Taxi’s vir vroue beskerm teen verkagting
2011-11-27 22:55
Kuala Lumpur – Vir die eerste keer sal spesiale taxi’s in Maleisië slegs vroue vervoer in ‘n poging om vroue van seksuele teistering te beskerm.
Sowat 50 vroulike taxibestuurders vervoer tans slegs vroue in Kuala Lumpur en die regering hoop dié getal groei tot 400 taxi’s, het die koerante The Star en New Straits Times in die land berig.
“Ons hoop dit sal die hoeveelheid verkragtings en rowerye verminder waarby taxibestuurders betrokke is,” het Heng Seai Kei, die adjunkminister van vroue, familie en gemeenskapontwikkeling, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP