Tasse vol reptiele op lughawe gevind
2011-06-02 19:57
Bangkok – Thailand se doeanebeamptes sê hulle het op 431
waterskilpaaie en ander seldsame reptiele in vier tasse op die Bangkok-lughawe
afgekom.
Daar was onder andere ‘n Gharial, ‘n seldsame soort krokodil uit Indië, tussen die reptiele.
Prasong Poontaneat, die direkteur-generaal van
die doanedepartement, sê dat handeldryf met reptiele en beskermde spesies geheel en al onwettig is.
Die doane het die diere gevind toe ‘n Indiese
reisiger, wat van Bangladesj af gereis het, nie sy tasse opgetel het nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP