Talle sterf toe vragmotor, bus in Hongarye bots
2011-10-31 15:29
Boedapest – Altesaam 14 mense is dood en twee ander het ernstige beserings opgedoen nadat ‘n vragmotor en ‘n klein bus teen mekaar gebots het, het die Hongaarse polisie gesê.
Die ongeluk het Sondagaand net voor middernag tussen Mako en Szeged, in die suide van Hongarye, naby die grens van Roemenië gebeur.
Volgens die nuusagentskap AP was beide voertuie van Roemenië.
Polisiebeamptes van die Csongrad-streek sê die enigste oorlewendes van die ongeluk was die vragmotorbestuurder en een buspassasier.
Die oorledenes sluit drie kinders in.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP