Talle sterf toe Taliban-bommers Kaboel-hotel betrek
2011-06-29 08:31
Kaboel – Soveel as tien burgerlikes is dood toe lede van die Taliban met bomme aan hul lywe die Inter-Continental-hotel in Kaboel, Afganistan, Dinsdagaand aangeval het.
Ses swaar gewapende vegters met bombaadjies aan het die hotel bestorm en in ‘n onderonsie met Navo- en Afgaanse troepe betrokke geraak, het CNN berig.
Die geveg het eers vier ure later gestop, toe ‘n Navo-helikopter die laaste drie terroriste op die dak van die hotel doodgemaak het.
Presiese besonderhede rondom die aanval is nog nie bekend nie, maar minstens twee van die aanvallers kon daarin slaag om hulself op te blaas en burgerlike sterftes te veroorsaak.
Lees meer hier.