Talle sterf ná voertuie brand
2010-08-15 19:22
Lagos – Talle mense het doodgebrand nadat ‘n vragmotor en nege ander voertuie Sondag net buite Lagos aan die brand geslaan het, het die polisie gesê.
“Tien voertuie insluitend ‘n vragmotor wat petroleum produkte vervoer, het aan die brand geslaan,” het Frank Mba, ‘n polisiewoordvoerder in Lagos gesê.
Die plaaslike media het egter berig dat die vragmotor suiker vervoer het.
Mba kon nie sê hoeveel mense doodgebrand het nie.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP