Talle sterf ná brand in Indiese hospitaal
2011-12-09 11:10
Kolkata – Minstens 35 mense is dood toe ‘n brand in ‘n hospitaal in Kolkata, Indië, uitgebreek het, het ‘n senior polisebeampte gesê.
“Ek kan bevestig dat minstens 30 mense hul lewens in die voorval verloor het,” het B. Dasgupta, adjunk-polisiekommissaris, aan die nuusagentskap AFP gesê.
Hy het bygevoeg dat 60 mense uit die gebou gered is.
Die brand het Vrydagoggend omstreeks 03:00 (plaaslike tyd) uitgebreek en het vermoedelik in die kelder van die vyf verdieping AMRI-hospitaal ontstaan.
AP berig die oorsaak van die brand in nog onbekend.
Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24