Talle mense dood toe twee treine bots
2010-07-19 04:23
Kolkata - Twee treine was vroeg Maandagoggend in ‘n ongeluk in Bengal, oos Indië, betrokke.
Reddingswerkers op die toneel het sover 50 lyke uit die wrakke gelig.
Sowat 120 mense is tydens die ongeluk beseer, waarvan 40 van hulle in 'n kritieke toestand is.
Die ongeluk het gebeur toe 'n trein agter in ‘n stilstaande trein by ‘n stasie in die Birbhum-distrik vasgery het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA