Talle lughawens gesluit weens aswolk
2010-04-16 01:44
Londen - ‘n Reuse-aswolk wat tans oor Europa van Ysland versprei het die grootste onderbreking van vlugte sedert die 2001 terroriste aanvalle veroorsaak.
Reisigers op ses kontinente se vlugte is gekanselleer en amptenare sê dit kan dae neem vir die lugruimte om weer veilig te wees.
Die aswolk is kilometers bo die aarde en kan die enjins van vliegtuie beskadig.
Vlugte in Brittanje is tot minstens Vrydagmiddag gekanselleer en verskeie ander lughawens is gesluit. Owerhede in Ierland, Denemarke, Noorweë, Swede, Finland en België het ook vlugte gegrond.
Frankryk het 24 lughawens gesluit insluitende Charles de Gaulle en Duitsland se lughawens in Berlyn en Hamburg is ook gesluit.
Menigte vlugte uit die VSA is ook gekanselleer.
‘n Vulkaniese uitbarsting in Ysland het Woensdag ‘n reuse stoom- en aswolk die atmosfeer ingestuur.
- Sapa