Talle in Spanje vasgetrek vir kinderpornografie
2010-10-09 02:44
Madrid – Spaanse polisie het 57 mense in hegtenis geneem en 47 ander aangekla in ‘n veldtog teen kinderpornografie oor die land, het polisie Vrydag gesê.
Sowat 400 polisie-beamptes het deelgeneem aan die veldtog en 97 huise is deursoek.
Die verdagtes sluit ‘n vermeende pornograaf in wat kinders en ander familielede afgeneem het.
Die verdagtes behoort aan ‘n wye kring beroepe, insluitende polisie-beamptes, entrepreneurs, ingenieurs, rekenaarkenners, tuiniers, studente en werkloses.
Die polisie het ‘n spesiale rekenaarprogram gebruik om mense te identifiseer wat kinderpornografie afgelaai het.
Polisie het beslag gelê op rekenaarmateriaal, insluitende 328 hardeskywe en honderde DVD’s en CD’s.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA