Talle beseer, huise verwoes ná Peru-skudding
2011-10-30 11:15
Lima, Peru – Amptenare in Peru het Saterdag gesê 134 huise is verwoes en 103 mense is by hospitale behandel vir beserings nadat ‘n aardbewing wat 6.9 gemeet het die sentrale kus geruk het.
Alfredo Murgueytio van die burgerlike verdedigingsmag het aan die Associated Press gesê dat daar geen sterftes was nie en dat meeste van die huise wat vernietig is van kleisteen gebou was.
Twee kleisteen kerke het ook groot skade gely, insluitende die 18de eeuse katedraal van die provinsiale hoofstad Ica.
President Ollanta Humana het gesê hy gaan sy besoek aan Paraguay kortknip en direk na die gebied wat deur die aardbewing geraak is reis.
Byna 600 mense is in Augustus 2007 in dié gebied tydens ‘n 8.0-aardbewing dood.
Vrydagaand se aardbewing het mense paniekerig die strate in laat hardloop en baie mense moes die nag buite deurbring.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP