Talibankrygsheer se vrou sterf
2009-08-05 13:24
Peshawar, Pakistan – Die tweede vrou van die Talibankrygsheer, Baitullah Mehsud, is Woensdag tydens ‘n Amerikaanse lugaanval op haar pa se huis, dood.
Die huis van Malik Ikramuddin, die pa van een van Mehsud se vroue, is in die aanval getref en dit is nog nie bekend of Mehsud ook in die huis was tydens die aanval nie.
Luidens berigte het Mehsud gereeld aan die huis besoek afgelê.
Volgens Pakistan se weermag is drie ander mense ook in die voorval dood.
-Sapa