Taliban verwyt VSA vir sy aanvalle

2011-09-10 14:47
Tweets Share Share line Print

Kaboel – Die inval van Afganistan deur die VSA en sy vennote ná die terreuraanvalle van 11 September 2001 “sal ‘n permanente stigma bly op die gesigte van Westerse demokrasie”, het die Taliban Saterdag gesê.

Die Islamitiese groep, wat geweier het om die Al-Kaïda-leier Osama Bin Laden 10 jaar gelede ná die aanvalle oor te gee, het ook gesê die mense van Afganistan het “eindelose stamina vir ‘n lang oorlog” en sal “die Amerikaners na die asblik van die geskiedenis stuur”.

In ‘n lang verklaring wat in Persies en Engels uitgereik is, het die Islamic Emirate of Afghanistan gesê die aanvalle op Amerika in 2001 word onregverdig gebruik as ‘n “voorwendsel” vir die gevolglike inval van Afganistan.

“9/11 herinner Afganistan elke jaar aan ‘n gebeurtenis waarin hulle geen rl gespeel het nie, maar, deur dit as ‘n voorwendsel te gebruik, het die Amerikaanse kolonialisme tienduisende ongelukkige en onskuldige Afgane se bloed laat vloei. Die wreedaardigheid duur steeds voort,” het die verklaring gelui.

Die Taliban het ‘n beroep gedoen op ‘n “onpartydige” ondersoek in die 9/11-aanvalle, maar Amerika en sy vennote het gereageer deur “eerder missiele en giftige uraan-wapens te stuur,” het dit verder gesê.

“Dit sal ‘n permanente stigma bly op die gesig van die Westerse demokrasie dat Amerika en haar vennote tienduisende Moslems gemartel het onder die voorwendsel van hierdie duistere en slegte voorval.

“Kinders, ou mans, vroue en selfs babas wat slegs dae oud was is onder die slagoffers. Hulle het ons dorpe vernietig, plantasies verwoes en selfs informele nedersettings geteiken onder die naam van oorlog teen terreur.”

‘n Dekade se gevegte  in Afganistan het begin met Operation Enduring Freedom en het so uitgekring dat daar nou sowat 140 000 troepe uit 48 lande daar veg.

Sondag is die 10de herdenking van die aanvalle op die World Trade Centre se Twin Towers in New York waarin duisende mense hul lewens verloor het.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: vsa  |  taliban  |  9/11

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.