Taliban vermoor vragmotorbestuurder
2011-04-21 22:00
Peshawar (Pakistan) - Taliban-militantes in Pakistan se stamgebied het Donderdag ‘n vragmotorbestuurder en sy helper doodgemaak om hulle te straf vir die verskaffing van vee aan Afganistan, het beamptes gesê.
Ongeveer 20 gewapende oproeriges het losgebrand op drie vragmotors kort nadat die vragmotors die Baizai-distrik in Pakistan binnegegaan het, nadat hulle vee aan die ander kant van die grens in Afganistan afgelaai het, het ‘n plaaslike beampte, Maqsood Hasan, aan AFP gesê.
“Hulle het die bestuurder en sy helper van die voorste vragmotor doodgemaak, terwyl die mense wat in die ander twee vragmotors was, gevlug het.
"Die aanvallers het later al drie die vragmotors aan die brand gesteek. Die Taliban het ‘n verbod in die gebied geplaas op die vervoer van goedere na Afganistan," het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP