Taliban val Pakistanse lugmagbasis aan
2011-05-23 11:03
Karachi – Twaalf militêre personeellede is dood nadat Taliban-milisie ‘n lugmagbasis in Pakistan se grootste stad aangeval het, het ‘n woordvoerder vir die lugmag Maandag gesê.
Salman Ali, ‘n bevelvoerder, het aan die nuusagentskap AFP gesê die aanval in Karachi het tot ‘n skietery gelei.
“Twaalf veiligheidspersoneel is dood... Elf van hulle was lugmagbeamptes en een was deel van die paramilitêre mag,” het Ali meer as twaalf uur ná die aanval begin het, aan AFP gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP