Taliban skiet drie helikopters af
2009-10-26 21:38
Kaboel – ‘n Woordvoerder vir die Taliban het Maandag gesê dié terroristegroep het drie van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) se helikopters afgeskiet.
Die Amerikaanse weermag het gesê die Navo-helikopters het verongeluk maar volgens die Taliban het lede van dié militante groep die helikopters afgeskiet.
Een helikopter het in die westerlike Badgis-provinsie neergestort. Sewe Amerikaanse soldate en drie burgerlikes is tydens die voorval dood.
'n Ander helikopter het in dieselfde streek verongeluk en die lewens van 14 burgerlikes geëis.
Die Taliban het ook verantwoordelikheid vir ‘n helikopterongeluk in die suide van die land, wat die lewens van vier Amerikaanse soldate geëis het, geneem.
Qari Yousuf Ahmadi, 'n Taliban-woordvoerder, het aan die nuusagentskap AFP gesê dat dié groep al drie die helikopters afgeskiet het maar kon nie enige bewyse daarvan lewer nie.
- Sapa