'Taliban sal weer oorneem'
2012-02-02 06:56
Kaboel – Die Taliban, deur Pakistan gerugsteun, gaan weer beheer van Afganistan oorneem nadat magte gelei deur Navo aan die land onttrek is, sê die Amerikaanse weermag in ’n geheime verslag. Dit skep die vooruitsig van die grootskaalse mislukking van Westerse beleid ná ’n duur oorlog.
Lt.kol. Jimmie Cummings, woordvoerder van die Navo-aangevoerde Internasionale Veiligheidsbystandsmag, het die dokument se bestaan bevestig.
Cummings het gesê dit is nie ’n strategiese studie nie, maar “ ’n samestelling van menings deur Talibanse aangehoudenes.”
Nogtans kan dit geïnterpreteer word as ’n verdoemende beskouing van die oorlog, nou in sy 11de jaar en daarop gemik om te keer dat die Taliban weer aan die bewind kom. Dit kan ook gesien word as die erkenning van ’n nederlaag.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters