Taliban 'sal in 2014 weer mag oorneem'

2011-10-10 07:26
Tweets Share Share line Print

Den Haag - Twee onlangs afgetrede Duitse generaals het skerp kritiek uitgespreek op die wyse waarop die oorlog in Afganistan gevoer word. Tensy sake vinnig drasties verander, is die oorlog verlore, meen hulle.

Die vorige inspekteur-generaal van die Duitse weermag, die vierster-generaal Harald Kujat (die pos kom neer op die hoof van die strydmagte), het aan die Mitteldeutsche Zeitung gesê as die oogmerk was om sy solidariteit met Amerika te wys, was die Duitse deelname aan die oorlog ’n sukses.

“As die stabilisering van ’n land en ’n streek egter ons maatstaf is, het die deelname misluk.”

Hy het gesê te lank is voorgegee dat dit nie regtig om ’n oorlog gaan nie, maar slegs om ’n stabiliseringsoperasie. “Dit het te lank geduur voordat ons aanvaar het dat dit hier om ’n operasie gaan waar die vyand militêr veg en ons ook militêr moet veg. Indien ons Afganistan in 2014 verlaat, sal die Taliban die mag binne enkele maande weer oorneem.”

Nog ’n onlangs afgetrede vierster-generaal, Egon Ramms, het in ’n onderhoud aan Die Welt gesê sy bekommernis is dat daar geen oorkoepelende politieke strategie vir Afganistan is nie.

Met sy aftrede verlede jaar was hy oorhoofs in bevel van die hoofkwartier wat die Navo-bydrae aan die oorlog in dié land gekoördineer het.

Hy het onder meer gesê: “Ek vind dit ondraaglik dat daar in beginsel geen gesamentlike politieke plan vir Afganistan is wat al die instrumente wat ’n mens in Afganistan kan en moet aanwend, kan koördineer nie.”

Daar is byvoorbeeld nie voldoende samewerking tussen die militêre en burgerlike elemente van die VN in die land nie.

Intussen het ’n Duitse regeringswoordvoerder aan die koerant bevestig dat die regering hou by sy voorneme om sy deelname aan die oorlog in 2014 te beëindig.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: afganistan

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.