Taliban ontken Afgaanse leier se hartaanval
2011-01-20 18:00
Kaboel – Die Taliban het ‘n berig dat hul Afgaanse leier, Mullah Omar, ‘n hartaanval gehad het en in Pakistan behandel word, ontken.
The Washington Post het Dinsdag ‘n privaat intelligensie netwerk aangehaal wat sê dat die eenoog militante Islamiet in ‘n hospitaal in Karachi behandel word.
Zabihullah Mujahib, Taliban-woordvoerder, het aan AFP vertel dat dit “absoluut goed” met die leier gaan en dat hy “gesond” is.
“Hy gaan steeds voort met sy jihad-aktiwiteite in Afganistan.”
Mujahib het bygevoeg dat Omar se hartoperasie slegs ‘n “gerug” was wat deur hul “vyande geskep” is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP