Taliban-leiers sterf in lugaanval
2011-01-24 14:03
Kaboel – Navo sê twee Taliban-leiers is in die ooste van Afganistan dood tydens een van die organisasie se lugaanvalle.
Navo se troepe het verlede Vrydag die Taliban se administrateur vir die Nangarhar-provinsie se Hisarak-distrik in ‘n lugaanval doodgemaak, het Navo Maandag in ‘n verklaring gesê.
Navo het die lugaanval voorheen aangekondig, maar was onseker of Maulawi Anwar gesterf het.
Die militêre alliansie het ook gesê dat ‘n operateur van die Taliban in die Logar-provinsie se Pul-e-Alam-area Sondag in ‘n lugaanval dood is.
Volgens Navo het dié man, Abdul Bari, Taliban-leiers gehelp om wapens en voertuie te kry.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP