Taliban-leier se dorp beset
2009-10-24 13:57
Islamabad – Die Pakistanse leër het die dorp waarin die leier van die Taliban woonagtig is, Saterdag suksesvol beset.
Die aanval is dié grootste sukses wat die weermag tot dusver behaal het nadat hulle grondaanvalle aan die Afgaanse grens begin loods het.
Nóg ‘n missielaanval is in die noordweste van Pakistan deur die Amerikaanse weermag geloods waartydens 14 mense gesterf het, het owerhede gesê.
Pakistan se agt-dag lange grondaanvalle in die Taliban en- Al-Kaïda vesting in Suid- Waziristan, word beskou as een van die land se mees kritieke pogings om die gewelddadige aanvalle deur Islamse militante te beëindig.
Dié grondaanvalle volg na ‘n vlaag aanvalle wat in die afgelope maand deur die militante geloods is.
- Sapa-AFP