Taliban-leier in hegtenis
2010-02-16 08:28
Kaapstad – Mullah Abdul Ghani Barader, Taliban se millitêre hoof, is in Pakistan tydens ‘n klopjag gevange geneem, het Amerikaanse beamptes gesê.
Barader, wat tweede in beheer is van die Taliban, is in ‘n gesamentlike operasie deur Amerikaanse en Pakistanse intelligensie magte in hegtenis geneem.
Beamptes wou nie kommentaar lewer oor óf Barader al enigiets gesê het nie, maar hulle glo sy inhegtenisname kan daartoe lei dat ander senior Taliban-beamptes opgespoor kan word.
Vir die volledige storie, besoek sky.com