Taliban-leier dalk gedood
2009-08-07 07:59
Islamabad, Pakistan – Owerhede in Pakistan sê die land se gevreesde Taliban-leier, Baitullah Mehsud, is dood, maar hulle wag nog vir amptelike bevestiging hiervan.
"Ja, inligting dat hy dood is het van sy groep deurgekom, maar daar is nog geen amptelike beslissing hieroor nie” het Pakistanse ministerie van binnelandse sake, Rehman Malik, Vrydag gesê.
Volgens Malik kan hy niks bevestig tot hy die bewyse het nie.
Die huis van Malik Ikramuddin, die pa van een van Mehsud se vroue is Woensdag deur ‘n Amerikaanse lugaanval geteiken maar dit was toe nog nie bekend of Mehsud in die huis was tydens die aanval nie.
-Sapa