Taliban-aanvalle eis talle lewens

2010-03-12 07:16
Tweets Share Share line Print

Erika Gibson, Die Burger

Pretoria - ’n Suid-Afrikaanse veiligheidsoperateur en sy Afgaanse kollega is onder die jongste slagoffers van toenemende Taliban-gedrewe geweld in die suidooste van Afganistan.

Aubrey Acker (38) van Hartbeespoort is Woensdag doodgeskiet toe ’n voertuig met drie Taliban-militante op hom en sy span wagte losgebrand het.

’n Ingeligte het aan Beeld, susterkoerant van Die Burger, gesê Acker en sy span het werknemers van ’n Indiese padkonstruksiefirma wat ’n teerpad in die suidooste bou teen Taliban-aanvalle beskerm toe die voorval naby die Pakistan-grens gebeur het.

Acker se vrou, Marietjie, is kort ná die voorval van haar man se dood ingelig.

Acker het ­vroeër in Bagdad, Irak, gewerk en is ’n oudleerder van die Hillview High School in Pretoria.

Die aanval was een van verskeie deur die Taliban waarin die afgelope twee dae talle mense dood is.

Die Pakistanse nuusdiens PakTribuneberig vyf Afgaanse soldate is Woensdag dood toe ’n selfmoordbomaanvaller met ’n voertuig plofstof by ’n Afgaanse militêre basis in die suidoostelike provinsie Paktika ingery het.

’n Lading plofstof in ’n pad in die suidelike gebied Marjah het Woensdag drie burgerlikes geëis. Twee kinders het gister in ’n soortgelyke ontploffing in die noorde van die land gesterf.

’n Navo-soldaat, wie se na­sionaliteit teen gisteraand nog nie bekend was nie, is gister in ’n ontploffing in die suide van die land dood.

- Die Burger

 

Lees meer oor: al-kaida  |  taliban

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Pritt sê... Hoekom moet sy oorweeg word vir parool? Sy het 'n 15 jarige kind koelbloediglik doodgemaak. Ek hoop ander gevangenes het nie enige simpatie met haar nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 160i 5-dr
2003
R 69,990.00

TOYOTA

Auris 2.0 XD 5-dr
2011
R 229,000.00

PEUGEOT

307 XS 2.0 AT 5-dr MY05
2006
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.