Taiwan-hospitaal plant MIV-positiewe organe oor
2011-08-29 16:31
Taipei – Een van Taiwan se beste hospitale het gesê hy het organe van ‘n MIV-draer in vyf pasiënte oorgeplant in wat as een van die mees ernstige voorbeelde van mediese nalatigheid in die eiland se moderne geskiedenis gesien word.
‘n Amptenaar van die National Taiwan University Hospital in Taipei het Maandag gesê dat die vyf nou met teenmiddels vir vigs behandel word.
Die hospitaal het oor die naweek in ‘n inskrywing op hul webwerf gesê dat die misverstand gekom het omdat die persoon wat die oorplanting gedoen het gedink het die woord reaktief op die skenker se MIV-toets beteken het dat hy MIV-negatief is, in plaas van positief.
Die hospitaal het bygevoeg dat die inligting op die toetsresultate oor die telefoon gegee is en dat dit nie weer nagegaan is, soos wat deur standaard-prosedures vereis word, nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA