Taiwan: Selfmoord elke twee uur
2010-06-03 16:40
Taipei - Meer as 4 000 mense het in 2009 in Taiwan selfmoord gepleeg, wat gemiddeld byna een selfmoord elke twee uur is, het die eilandnasie se departement van gesondheid gesê.
Volgens dié departement is ‘n totaal van 4 063 selfmoorde in 2009 aangemeld. Dit is 17,p mense per elke 100 000 mense en kom neer om sowat een elke twee uur.
Chu Kai-yu, die direkteur van die beradingsorganisasie Taipei Lifeline, het werksverlies, ouderdom en gesondheidsprobleme vir die selfmoorde blameer.
Sy sê Lifeline het wel in 2009 berading aan sowat 60 000 mense gebied en 143 mense gekeer om selfmoord te pleeg.
- SAPA