Tabakmaatskappye word gedagvaar
2009-09-30 04:36
Toronto - Ontario provinsie in Kanada dagvaar die tabakindustrie in ‘n poging om die biljoene doller wat weens rook-verwante siektes spandeer is, terug te wen.
Die provinsie eis omtrent R322 biljoen van verskeie Kanadese maatskappye en korporasies.
Die hofsaak volg kort op die hakke van soortgelyke sake in British Columbia en New Brunswick sowel as in die VSA.
Imperial Tobacco Co. is van die grootste maatskappye wat gedagvaar word.
Volgens hulle is die hofsaak “skynheilig”, aangesien Kanada reeds elke jaar biljoene in belasting op tabak produkte insame.
- Sapa