Tabak-reus sleep Australiese regering hof toe
2011-11-22 13:37
Kaapstad – Die tabak-reus Philip Morris dagvaar die Australiese regering oor 'n nuwe wet wat eenvoudige verpakking vir sigarette van Desember 2012 af verpligtend maak.
Australië se parlement het die wetgewing deurgevoer, wat beteken dat alle tabakprodukte in eenvoudige olyfbruin verpakking met grafiese gesondheidswaarskuwings verkoop moet word, het RSG berig.
Die gevare van rook, wat jaarliks tot die dood van 15 000 Australiërs lei, is die afgelope honderd jaar in die spervuur in die land.
Hoër belastings en 'n advertensieverbod op sigarette het tot gevolg gehad dat rokers in die land die afgelope 28 jaar drasties afgeneem het tot van die minste ter wêreld.
Sowat 16% mans en 14% vroue in Australië rook.
Volg Nuus24 op Twitter